Leave a review

Piet Goosen

Gauteng

Uvongo, Natal

0827717616

23-11-20

448 Hits




Jurgens Fleetline : 2011 Autumn Edition : No 12 van 120.



Te Koop

Weens my gesondheidstoestand is ek genoodsaak om ons geliefde Fleetline Autumn van die hand te sit. Die Fleetline is ‘n Limited Autumn Edition en in n uitmuntende toestand. Onlangs gediens en nuwe bande opgesit. Dit het Ewiks movers wat ook onlangs deur Ewiks in Durban gediens is.



Dit het n dubbel hooftent met n rally tent wat gemaak is om almal aanmekaar te rits. Dan het dit ook n ekstra afskorting (deur Jurgens gemaak) wat binne in die hooftent kan opslaan om n aparte kamer te vorm. Dit het n grondseil spesiaal gemaak om vanaf die karavaan se deur, deur die twee hooftente tot aan die einde van die rally as een stuk te lê.

Dit het n driewiel (groot wiele) jockey wat verhoed dat dit in die sand met die movers vasval. Dit het ook n rearview kamera. Dit het ook n aparte 12 volt ligte sisteem met LED ligte wat die hele karavaan verlig tydens “load shedding”.



Die karavaan het al die normale toebehore insluitend breekgoed en alles wat as normale toerusting daarmee saamgaan.(ook n spaarwiel). Binne is ook heelwat ekstra proppe aangebring wat ekstra gemak verseker. Dit kom saam met n straightliner stabiliseerder.



Lisensie is reeds betaal tot einde Desember 2021. Die rally het n voorkant wat driekwart van die rally voor toemaak en net n deurgrote oop is. Dit is gemaak van 90% beige skadunet en baie handig om koue wind van voor af te keer as net die rally met sy sykante opgeslaan word.  Wanneer ons nie kamp nie word hy in n vliegtuigloods parkeer wat hom teen alle elemente beskerm. Die karavaan is soos n baba opgepas en sal vir sy volgende familie groot plesier verskaf.



PRYS IS R180000.00 en omdat dit reeds billik en laer as sy normale prys is is dit ongelukkig nie onderhandelbaar nie. Dit is geprys om te verkoop!!!!! Voordat ek van gedagte verander.



Piet Goosen.

0827717616

Sorry, comments are unavailable..

Share